About us
The Latest
Media
The Guys
Gig Guide
Partners
Contact us

THE GUYS

 

[niekie@flipacoin.co.za]

Die man met stuktuur, orde en visie en as groeps-adminstrateur pas hy perfek in die profiel.. Niekie is een van die musikale breine in die groep en speel `n kardinale rol as dit kom by die verwerking van liedjies. Hy is `n perfeksionis en hierdie kwaliteit van hom vloei deur tot in al sy doen en late in die lewe. Hy is `n bo-baas klavier speler met UNISA graad 8 en as oud – Drakie is hy verseker `n aanwins tot enige groep. Niekie is die stigter van die groep en was ook die eerste lid wat Flip a Coin as voltydse werk aangepak het. In 2007, terwyl die res van die groepslede nog studeer het, was dit Niekie se werk om die groep te bestuur.

Niekie is verantwoordelik vir die finansiële administrasie en orde. Hy maak seker dat die groep ís waar hulle moet wees wanneer hulle daar moet wees.

 

 

[stefan@flipacoin.co.za]

Hierdie is `n 2 meter lange man wie se stem net so diep is as wat sy hart lê. Die meisies beskryf hom as “tall,dark and handsome” en die ma’s vergelyk hom eerder met hulle eie sepie-ster, Rich Forester. Stefan was vroeër is sy lewe ’n kranige en provinsial krieketspeler, maar die musiek het so stadig maar seker op hom begin groei. Met sy uitsonderlike bas stem was musiek verseker die regte rigting gewees om te koester. Stefan het by Flip a Coin aangesluit in 2008 waartydens die groep die musiekbedryf voltyds betree het. Sy keuse om ’n skare vir ’n gehoor te verruil sal hy nooit berou nie.

Stefan is die man wat sorg dat alle administrasie van die groep op datum is. Hy is ook een van die ouens wat sorg dat Flip a Coin so af en toe bederf word met `n borgskap of twee.

 

 

[poekie@flipacoin.co.za]

Musikaal is die man se tweede naam. Met `n natuurlike Blues en Jazz talent is hy iets uitsonderliks om te beleef agter `n klavier, of selfs met `n kitaar in die hand. Sy natuurlike talent gemeng met graad 6 UNISA klavier is hy een van die hoof verwerkers van die groep. Sy entoesiasme en liefde vir musiek is deurslaggewend in sy lewe en hy is altyd gereed vir `n musiekmaak sessie. Hy spot soms op die verhoog en sê dat Flip a Coin eintlik ‘n klomp “koorlaaities” is maar Michael sal self nie hard-op sê dat hy as seun deel van `n Marimba orkes was nie.

Michael is die een wat verseker dat Flip a Coin  op kunstefeeste te siene is en hy sorg ook sommer (so nie-amptelik) dat die manne nie te min kuier nie.

 

 

[katlego@flipacoin.co.za]

Sy naam beteken “sukses” en dit is presies waarna die man op pad is. Hy is al sinoniem met verhoogspersoonlikheid en waar mense hom teëkom is hulle altyd stomgeslaan. Hy het as laerskool seun reeds `n passie vir sang ontwikkel en het later in die Noordwes – Jeugkoor begin sing...dit was egter net die begin van groot dinge. Hy is ook nie net geliefd op die verhoog nie maar tussen die meisies is hy net so ‘n treffer. Van uitnodigings na sepies tot aanbieder van bekende TV programme is dit onvermydelik om te herken dat sy naam die regte betekenis het.
Katlego is verantwoordelik vir die groep se borge en as daar een is wat met “fans” kan gesels, is dit hy.

 

 

[johan@flipacoin.co.za]

As meisies gil, onderklere op die verhoog gooi of iemand kan huistoe vat vir die aand, sal dit verseker vir niemand anders as hierdie man wees nie. Bo en behalwe sy “talent” vir die oog van die skoner geslag en sy unieke “rock”stem, is sy tweede naam “Mr. Boyband”. Johan het ’n uitsonderlike skryftalent wat lirieke en musiek betref en staan pa vir die twee oorspronklike liedjies op Flip a Coin se nuutste album “Heads and Tails”.

Elke plakkaat, ontwerp en “badge” kom uit die ontwerpersoog wat ook behoort aan hierdie jong talentvolle man. Hy is ook deel van die bemarkingspan en is verantwoordelik vir alle mediakorrespondensie van die groep.

Om saam te vat: rock, looks, talentvol...he’s got it all!

 
Bookings Sixth Sense
Van Loveren
Buy our CD at Kalahari.net
Facebook

 

 

Slicing and Hosting by Polar Design Solutions
Copyright 2008 Flip a Coin
This website is best viewed with Mozilla Firefox 2 / Internet Explorer 7