‘n Nuwe Flip a Coin met ‘n nuwe album
Rissikstraat 95
Beskikbaar einde Maart 2010
Met hierdie album het Flip a Coin besluit om hulle aanhangers te gee waarvoor hulle gevra het - meer oorspronklike liedjies. 5 van die 7 oorspronklike liedjies is geskryf deur Johan Venter, wat self ‘n lid is van Flip a Coin. Stefan Pretorius en Katlego Maboe, ook lede van Flip a Coin, is verantwoordelik vir die skryf van 1 van die liedjies. Die groep is veral opgewonde omdat Dewald Wasserfall van Wasserfall faam ingestem het om vir hulle een liedjie te skryf, naamlik Hey Jy.
Die cd het bevat iets vir almal se musieksmaak en dit wissel van ou gunstelinge soos What a Wonderful World, oorspronklik deur Louis Armstrong gesing, Jannie du Toit se Liedjie vir jou, na ‘n interessante en vars verwerking van Weeping wat onlangs ook deur Josh Groban gesing is.
Geharde “fans” kan uitsien na ‘n nuwe opname van Flip a Coin se trefferliedjie, Jasmyn. Getrou aan Flip a Coin styl is daar ook ‘n verassing of twee op die album – al ooit gewonder hoe Kurt Darren se Kaptein span die seile sou klink as dit in ware opera styl gesing word? Koop dan hierdie album!
Die groep aantreklike manne gaan Suid-Afrika aan die praat hê met Rissikstraat 95 en weereens bewys hoekom hulle as een van ons voorste a-capella groepe gereken word.
Met hierdie album kom daar ook 'n groot verandering. Mario Botha, die geliefde kaalkop van Flip a Coin, verlaat die groep aan die einde van Maart 2010. "Dit is vir my baie moeilik, ek het baie lank gevat om die finale besluit te maak", se Mario, "maar ek moet nou aandag gee aan my beroep as apteker. Ons is so 'n hegte familie, wat dit moeiliker maak, maar die ouens verstaan en ondersteun my."
Flip a coin gaan voort met optredes soos altyd en gaan nie 'n nuwe lid in neem nie.
Flip a Coin is op die pad!
Vanaf die winderige en nat Ooskaap tot die droë, tog onsaglike mooi, Namibië is waar Flip a Coin die wiele laat rol het gedurende Julie/Augustus 2009.
Die Ooskaap was eerste op die program. Ons en Willem Botha (2006 idols naaswenner ) het saam hierdie toer aangepak en wat `n reuse sukses was dit nie gewees nie!
Die toer het 21 julie afgeskop in Colesberg waarna ons dorpe soos Cradock, Jeffreys, George, Beaufort-wes, Uitenhage en PE besoek is. Die toer is afgesluit op n hoogtepunt in Oos-London by die Boere Troos teater!
Ons kon na die Oos –Kaap toer een aand bietjie rus voor ons die lang pad na Namibi ë aandurf. Hierdie toer het plaasgevind in samewerking met die ATKV en Van Loveren wyne!
Wat `n ervaring was hierdie toer nie gewees nie. Die dorpe waar ons opgetree het het ons met ope arms ontvang, die sale was tjok en blok vol en CD’s het gevlieg. Teen die tweede laaste vertoning was al ons cd’s uitverkoop en ons moes bestelvormpies opstel net om te verseker dat die gehore nie met leë hande by die vertoning wegstap nie.
Die toer het afgeskop in Upington waarna ons vertrek het na Keetmanshoop. Daarna was Windhoek, Walvisbaai, Otjiwarongo en Tsumeb op die program. Toe ons die laaste optrede in Gobabis gehad het was dit werklik `n bitter-soet oomblik gewees. Ons was definitief gereed om huis toe te gaan (as jy vir so lank nie in jou eie bed slap nie begin jy hom nogals mis) maar ons het so `n verskriklike lekker tyd in Namibië gehad dat ons ook nie wou weggaan nie. Ons het seker gemaak dat ons die land en sy kultuur ten volle beleef en die Namibiërs is so gasvry dat dit nie baie moeilik was nie. Ons het Quad-bikes tussen die duine gery, by die lekkerste tradisionele restaurant in Windhoek geëet (Joe’s beer garden) en die strate van Swakopmunt ordentelik deurgeloop. Duitse lekkernye was ook hoog op die lys en Mario het selfs `n Ravhak geëet (rou mins op `n bretchen).
ATKV en Van Loveren het definitief vir een van ons lekkerste ervarings nog gesorg en ons wil sommer hier ook van die geleentheid gebruik maak om vir hulle dankie te sê!

Flip a Coin wen MK AWARD 2009
Op 12 Maart 2009 is Flip a Coin aangewys as MK wenners in die kategorie SEXYSTE vir hulle musiekvideo Jasmyn. Vanjaar se MK AWARD het `n rekord stemtal van 32 000 stemme ontvang wat hierdie toekenning werklik iets maak om op trots te wees! Kyk uit vir Flip a Coin se volgende Musiekvideo “Jy doen dit vir my” wat binnekort uitgesaai sal word.
Kliek hier vir `n voorsmakie van “Jy doen dit vir my”
2009 is hier
2008 is verby en Flip a Coin is volstoom 2009 in.`n Nuwe jaar bring altyd mee dat daar `n paar nuwe dinge oor `n mens se pad kom en Flip a Coin kan definitief ook daarvan getuig.
Die groep is hard aan die beplan vir `n nuwe musiekvideo van hulle eie liedjie “Jy doen dit vir my”, wat volgens alle verwagtinge teen einde Februarie tesiene gaan wees. “Dis hoe dit is met Steve” is op 26 Januarie opgeneem en sal die 1ste Mei op Kyknet uitgesaai word. Flip a Coin is ook baie opgewonde oor die feit dat hulle uitgenooi is om gaste te wees op die volgende reeks van Noot vir Noot.
“Die Coiners” begin ook stadig maar seker werk aan hulle nuwe album wat tydens die AARDKLOP kunstefees vrysgestel gaan word.
Spits jou ore want Flip a Coin is die RSG Musiekster van die week 2 – 6 Februarie en die Mini – Musiekster vir die week van 16 - 20 Februarie.
Hoop jy geniet hierdie jaar saam met ons en ons sien jou definitief in jou dorp of stad!
November 2008
Op Sondag 2 November het ons saam met Kurt Darren en Nadine op die alombekende en gewilde KYKNET musiekprogram “JUKEBOX” gaan kuier. Dankie vir al die cool epos, sms’e en oproepe.
Flip a Coin het die land aan die gons, toe ons saam met Johrne en Francois gegons het op die MK program “GONS”. Hierdie program word uitgesaai vanaf 4 November, en as jy dit mis, maak seker om een van die heruitesendings op KYKNET te kyk.
Oktober 2008
On the 27th of this month Flip a Coin was part of a long list of VIP’s who attended the annual Sondag Vonk Afrikaans Music Awards (VAMT), and were also guest artists on the prestigious evening with the likes of Bobby van Jaarsveld, Albert de Wet, Lianie May, Sarah Theron and many more. According to “Glitterati” we were one of the highlights of the evening!
September 2008
Flip a Coin was die “main artist” op MK live die 12de September en het in studio gekuier saam met Henre Pretorius. As jy dit gemis het, kliek op die onderste “link”.
[MK Live]
Aardklop 2008: Die fees was een van Flip a Coin se hoogtepunte hierdie jaar! Ons het ons eerste Fees-produksie “Vocals en Wyn” opgevoer in samewerking met ons borg Van Loveren. Die 5 vertonings was reeds twee weke voor Aardklop uitverkoop en ons het net goeie kritiek ontvang van die media. Oop verhoë soos Beeld, Huisgenoot en ATKV het ge-“rock”.
August 2008
The music video is still rocking the air waves on MK and is moving up the list on the top 10. By the end of the 8th consecutive week we are proud to say that we reached the third position competing with the likes of “Prime circle” and “ Zebra & Giraffe”. We also got a chance to give back to a very charitable cause when we made a guest appearance at the “Choc Charity Cancer” event in Rosebank, with many other stars of the entertainment industry.
UNIVERSITEITE SêR: By hierdie jaar se Universiteite Sêr was Flip a Coin een van die gaskunstenaars, saam met “Chris Cameleon” en het al drie venues geopen. Die aand was ‘n reuse sukses en het ongelooflike ondersteuning geniet van al 5 kampusse se ondersteuners.
2008 Julie
Lights, camera, a capella! Musiekvideo, musiekvideo, musiekvideo! Tydens Julie het Flip a Coin hul eerste musiekvideo geskiet in Potchefstroom in samewerking met Blixem Productrions. Die gekose ‘song’ was Jasmyn wat een van die groep se eie liedjies is. Hierdie video het dadelik die lig gesien op Jukebox op Kyknet en het met sy aankoms op MK dadelik die top 10 gehaal. Die video is ook op Youtube te sien en op die groep se Facebook ‘Fanclub’.
In die 10 Julie uitgawe van Huisgenoot is ‘n artikel gedoen oor die groep in Tempo. Hier is die groep asook die cd bespreek en dit het baie goeie aftrek gekry by die lesers van Huisgenoot.
Dankie vir julle ongelooflike ondersteuning, ons sal julle op hoogte hou. Coin coin…Flip a Coin!!

2008 Junie
Junie 2008 het die groep ‘n draai in die Kaap gaan maak by die Wacky Wine Festival. Die groep was eksklusief by Van Loveren te siene en hier het Flip a Coin ‘n produksie in die kelder asook vermaak in die tuin aangebied tydens die fees. As deel van hierdie Kaaptoer het die groep ook produksies by die Dorpstraat Teater in Stellenbosch en die Ou Meul Teater in die Paarl aangebied.

2008 Mei
Mei 2008 het Flip a Coin hul nuwe cd ‘Heads and Tails’ vrygestel. Hierdie cd bestaan uit 13 snitte met al die ou gewilde Flip a Coin treffers , asook ‘n paar nuwe verrassings! ‘Fans’ van Flip a Coin sal saamstem dat die groep gegroei het en dit is so duidelik met ‘Heads and Tails’ – snitte soos ‘Hide and seek’ en ‘Holiday’ is tipiese voorbeelde. Op die 31ste Mei het die groep die album vrygetsel in Potchefstroom voor ‘n uiteverkoopte Sanlam Ouditorium van ‘n 1050 mense. Hier was dit weer deurslaggewend dat albei, oud en jonk, die Flip a Coin ‘flavour’ geniet. Die cd was met sy tweede week van vrystelling reeds ‘n topverkoper by Music 4 U en hierdie statistieke klim nogsteeds die hoogtes in.
Die allergewilde program, Kwêla op Kyknet, het saam met Pieter Koen ‘n Veldstorie gedoen. Kwêla was vir twee dae lank by Flip a Coin om elke oomblik van die groep se lewe vas te vang. Dit was ook ‘n voorreg vir ons dat Kwêla die ‘CD Launch’ en al die gebeurtenisse rondom dit vasgevang het. Hierdie insetsel was op 6 Augustus uitgesaai op Kyknet.
2008 March
Hey guys and girls! Hope all’s going splendidly well with you all. Once again we raise an echo of appraisal and appreciation to all of you for the major support we continue to receive from your warm hearts. Please know that it means the world to us and definitely keeps us flipping. If you’ve been checking out the website regularly you’ll see that in a couple of weeks time (starting on the 26th March to be exact) we’ll be performing at KKNK. So we hope you have all your back-packs and tents packed and that your festival spirit is up and running. We look forward to seeing all the regular and new faces at our gigs. Oh, before we forget, Rapport newspaper is releasing a promo-CD made especially for KKNK and we have been so fortunate as to make it on to that CD with our very own song – “Jasmyn” written by our own Johan Venter. So when you’re making your rounds at the festival do grab a copy from the promotional staff as only a limited number of these babies have been made. Much COIN-LOVE to you all.
2008 January
Hey you guys and girls, HAPPY NEW YEAR, hope all the parties were great and and that
you're still in one piece. Okay so here we are at the dawning of a new year and a somewhat new age for the boys of FAC. As you can see from some our new photos there are a couple of faces missing and a new one has been added to the mixture. Yes, sadly Michiel and Spidey have parted ways with the group to seek their purposes in other ways but in the same breath we are proud to welcome and to introduce to you our new member and extraordinary bass, Stefan who’s taken on the task of filling two big pairs of shoes and is pulling it off with ease, literally and figuratively we might add.
Okay so we’ve all quit our day jobs and we’re bringing it on now. We’re bringing you FAC – XXX with even more vooma and a certain new flavour. Your support throughout the previous couple of years has shown us wonders and indeed we wanna thank every single one of you because if it had not been for you we would be nowhere. If it were possible we would write each one of you a letter to proclaim our gratitude…Wait, there’s an idea, why don’t you write us a letter? We’re gonna start an “FAC – Fan club” for all you a capella fanatics out there soon so keep a look out on our website for the latest developments in this regard. Our “Gig Guide” is also updated on a regular basis so check it out for our latest events and antics. Later!!!
2007 October
Check us out in the October edition of GETit - Potchefstroom-Klerksdorp.

2007 September
Check out our upcoming gigs for the AARDKLOP FESTIVAL, 24-29 September 2007 in our gig guide.
2007 August
After much deliberation and tense expectations the boys of Flip a Coin are finally hooked up. Yes…our website is finally up and running and you can check it out for our latest news, gigs, clips and tons of other stuff.
We have some big plans for next year, so keep your fingers crossed and catch you on the flip side.
2007 February
First CD Released

|
Their first CD has just been released. Titled “Overtones”, it is an eclectic mix of different genres and sounds, ranging from recent local melodies composed by Laurika Rauch to older cover versions of songs by other artists, such as River of Dreams by Billy Joel. Sold out even before being formally released, “Overtones” bodes well for the future of Flip-a-Coin.
|
Song list:
- Coldplay
- Linkin Park
- River of Dreams
- Laurika Rauch
- All These Things That I've Done
- Africa
|